Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

“Op Golgota”

Hy het immers eens en vir altyd ’n offer vir die sondes gebring toe Hy Homself geoffer het (Heb 7:27).

In die vorige eeu het iemand eenkeer vir Herman Kohlbrugge, die bekende Nederlandse predikant, gevra wanneer en waar hy tot bekering gekom het. Sy antwoord was: “Ongeveer 33 nC op Golgota.”

So is dit! Ons sekerheid van ons verlossing berus nie op ons gevoelens of sentimente nie, maar op die daad van God in Christus op Golgota. As ons nie hierop vertrou nie, sal ons nooit oor onsself seker kan wees nie. Ons geloof is te wankelmoedig om daarop te bou. Emosies en sentimente is veranderlik. Dit kom en gaan soos die eb en vloed van die getye. Die betekenis van Jesus se kruisdood verander egter nooit nie. Hy het eenmalig vir ons gesterf. Hebreërs 7:27 sê dit glashelder: “Hy het immers eens en vir altyd ’n offer vir die sondes gebring toe Hy Homself geoffer het.” 

Daarom is dit nie absoluut noodsaaklik dat ons die presiese dag en datum van ons bekering hoef aan te dui nie. As jy wel kan, wonderlik! Dis egter belangriker om te weet dat jy inderdaad jou vertroue in Christus gestel het. En dat jy dit elke dag en op elke datum mag doen. Die belangrikste is dat jy moet weet daar is ’n dag en datum deur God bepaal, lank voor jou geboorte, waarop Hy die moontlikheid van bekering bewerkstellig het. Ook joune.

Wat op Golgota gebeur het, bykans 2 000 jaar gelede, was daarvoor deurslaggewend. Hou hieraan vas.

Lank voor jou geboorte is daar ’n dag en datum bepaal waarop die moontlikheid van jou bekering bewerkstellig is.

Here Jesus, dankie dat ek ’n dag en ’n datum kan hê – u dag en datum op Golgota. Amen.

Johan Cilliers

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.