Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Om in die spieël te kyk

Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken (1 Kor 13:12).

Dat ons voor die regterstoel van Christus sal verskyn, beteken alles sal openbaar gemaak word – van ons geheime sondes tot ons geloofsgeheimenisse. Want ons verstaan in hierdie lewe nog nie alles nie.

“Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël en sien ’n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken” (1 Kor 13:12). Wat ’n wonderlike dag van openbaarmaking sal dit nie wees nie! Die dinge waarvan ons nou maar nog net ’n vae buitelyn kan sien, waarvan ons net ’n vae aanvoeling het, word dan in hulle volle heerlikheid sigbaar!

Dit is belangrik om te begryp dat ook dit net moontlik word deur die oordeel heen. Alle dinge, ook die verduistering van ons verstand, die beperktheid van ons insig, word deur die oordeel heen nuut gemaak. Ons word dan as’t ware gereed gemaak om die volle heerlikheid in te neem en te ervaar.

Nou sien ons wel nog ’n raaiselagtige beeld in ’n dowwe spieël. Maar dit hoef ons nie moedeloos te maak nie. Dit moet ons eerder bly maak. Want selfs hierdie raaiselagtige beeld het ons nog nie goed genoeg beskou nie. Selfs in hierdie dowwe spieël van die werklikheid voor die aangesig van God het ons nog nie genoeg gekyk nie. Daar is so baie wat ons reeds nou kan en mag sien!

Tel maar net vandag die spieël van die Woord op en kyk …

Selfs in hierdie dowwe spieël het ons nog nie genoeg gekyk nie.

Jesus, verruim my visie sodat ek weer vreugde kan ervaar. Amen.

Johan Cilliers

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.