Boodskap vir Vandag

Search

Die Gees is ’n Persoon

En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie (Ef 4:30).

Dink jy (ook) soms die Heilige Gees is nie regtig ’n Persoon soos die Vader en die Seun nie? Voel dit (ook) vir jou of Hy eintlik maar so ’n vae, ver en onpersoonlike Krag is? Baie gelowiges voel so. Hulle sê: Van die “persoonlikheid” van die Vader weet ons baie. Hy is liefdevol, genadig en barmhartig. Hy is “soos ’n vader”. Van die Persoon van die Seun weet ons veral baie. Hy was immers een van ons. Mense het Hom gesien en gehoor en aan Hom geraak toe Hy op aarde was. Maar die Gees? Die woord gees assosieer ons met ’n newelagtige invloed of ’n skim, met iets wat nie vorm aanneem nie, met iets wat sku bly, wat jy as spook sou kon vrees …

Maar so is die Gees nie!

Die Gees van God is ’n Persoon wat praat, luister, leiding gee, herinner en vermaan. Volgens Efesiërs 4:30 kan Hy selfs bedroef word. Die Gees is dus nie ’n krag soos elektrisiteit wat jy aan of af kan skakel nie. Hy is ’n Persoon – Iemand wat altyd by ons, in ons is!

Wat ’n wonderlike troos om te weet dat ons nooit alleen is nie. Daar is altyd Iemand by ons met wie ons kan praat, by wie ons leiding kan soek, en met wie ons ons vrese kan deel.

Miskien voel jy op hierdie oomblik baie eensaam. Dalk het jy geen familie nie en woon jy alleen. Dalk is jou vriende ook maar min. Miskien dink jy dat niemand jou verstaan nie. Luister dan hier: Daar is ’n Persoon by jou! Nou. Op hierdie oomblik. Hy luister en Hy verstaan. Praat met Hom. Hy verander verskriklike eensaamheid in heerlike tweesaamheid.

Die Gees verander verskriklike eensaamheid in heerlike tweesaamheid.

Heilige Gees, ek bedroef U so dikwels, met woorde, dade en gesindhede. Help my om U vandag te verbly. Amen.

Johan Cilliers

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.