Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Appèl en ’n herverhoor

“ … en dat die reg aan my kant is” (Joh 16:8).

In Jesus se “opsomming” van die werk van die Gees sê Hy ook dat die Gees die wêreld sal oortuig dat die reg aan Jesus se kant is, want Hy gaan na die Vader toe (Joh 16:10). Die wêreld het Jesus voor hulle regbank gebring en Hom, die Onskuldige, skuldig bevind. Hulle het gemeen dat die reg aan hulle kant is. Die Gees kom egter en maak die saak as’t ware weer oop, Hy teken appèl aan. Hy dring aan op ’n herverhoor!

Die Gees wys vir die wêreld – vir ons – op die triomf van Jesus, op sy opstanding uit die dood en sy verhoging aan die regterhand van God die Vader. Hy onderstreep die seën van God wat op die werk van die Seun rus. Hy sê: “Jesus is die Here!”

Dit is by uitstek die werk van die Heilige Gees: om Jesus te ver-Heer-Iik. Daarom gebeur dit dikwels dat, wanneer die Gees in ons lewe werk, ons getuig van wat Jesus vir ons gedoen het. Dit is eintlik ’n “toets” vir die Gees se werk: Praat ons net oor die ervarings wat ons beleef het, of praat ons oor Jesus? Niemand kan immers sê: “Jesus is die Here” nie, behalwe deur die Heilige Gees (1 Kor 12:3).

Herinner jouself daaraan dat Jesus die Here is. Sê dit vir die wêreld. Sê dit in jou vreugdes en in jou verdriet; sê dit by jou werk en in jou huis: Jesus is die Here!

Dit is ’n teken dat die Gees in jou werk.

Dit is by uitstek die werk van die Heilige Gees om Jesus te ver-Heer-Iik.

Gees van God, maak my in die herverhoor van Jesus ’n getuie van sy onskuld. Amen.

Johan Cilliers

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.