Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Venster op die heerlikheid

Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan (Hand 7:55).

Die werklike lewe met sy wisselende sleurgang, stres en trauma kan maklik ons oë sluit vir die heerlikheid van God wat in alles rondom ons sigbaar is.

Ons sou in die breedste sin kon sê die Heilige Gees laat ons die heerlikheid van God sien. Hy maak ons oë daarvoor oop. Ons hoor dat Stefanus kort voordat hy gestenig is, vol van die Heilige Gees opgekyk het na die hemel, die heerlikheid van God gesien het en Jesus wat aan die regterhand van God staan (Hand 7:55).

’n Mens kan dit vir jou met ’n beeld probeer voorstel. Jesus het met sy kruisdood ons oë vir die eerste keer kom open om God te sien. Hy is by wyse van spreke die venster wat tussen ons en God oopgemaak is, waardeur ons kan kyk en die heerlikheid van God kan sien. Maar hierdie uitsig word van tyd tot tyd belemmer deur ons sondigheid. Die venster word van ons kant af vuil en ondeursigtig. Wat doen die Gees dan? Hy vee telkens die vensterruite skoon! Hy hou die uitsig wat Jesus vir ons kom open het, skoon en oop.

Dalk voel jy dat jy die afgelope tyd so min van God in jou lewe en in die wêreld rondom jou sien. Of dalk is dit wat jy wel van God kan sien vir jou onduidelik en onverstaanbaar. Moenie moed verloor nie. Die Gees is nog altyd daar. Vra Hom om die venster op God weer vir jou blink te vryf. En kyk dan …

Die Gees hou vir ons die uitsig wat Jesus vir ons kom open het, skoon en oop.

Heilige Gees, vryf tog my vensterruit blink dat ek opnuut die panorama van God se heerlikheid kan aanskou. Amen.

Johan Cilliers

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.