Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Die allerbeste het jy

Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is (1 Kor 13:1).

Alle gelowiges ontvang minstens een gawe van die Heilige Gees. En ons almal ontvang die heel beste gawe – die liefde. “God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het” (Rom 5:5). Geen gelowige is sonder die Gees nie, en daarom ook nie sonder die liefde nie. Al is al die gawes van die Gees wonderlik en belangrik is, is die liefde die allerbeste (1 Kor 13:1). Sonder die liefde is al die ander gawes sonder betekenis en baat dit ons niks (13:1-3).

Die liefde is die “sement” wat al die ander gawes in ’n sinvolle eenheid bymekaarhou. En hierdie eenheid is die liggaam van Jesus, dit wil sê, die kerk (12:12).

As ons maar wou besef watter potensiaal vir die liefde in ons ingebou is! Dit wat die wêreld die nodigste het, dit wat hierdie wêreld met sy haat en onvrede weer ’n leefbare plek kan maak, is binne-in my en jou.

Miskien kan jy nie soos die groot evangeliste miljoene mense in die Naam van die Here toespreek nie. Dalk is jy nie iemand wat barmhartigheidsaksies met groot impak van stapel kan stuur nie. Miskien beskik jy nie oor baie kennis van die Woord nie …

Maar die beste, die allerbeste, dít het jy!

Gebruik vandag die gawe(s) wat die Gees aan jou gegee het. Dit onderskei jou as ’n kind van God.

Die liefde is die “sement” wat al die ander gawes in ’n sinvolle eenheid bymekaarhou.

Heilige Gees, ek is soos ’n jaloerse kind wat ’n ander se speelding wil hê terwyl U die fabriek aan my geskenk het. Fabriseer tog vandag in my hart die liefde! Amen.

Johan Cilliers

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.