Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Ikabod?

“Die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (Matt 16:18).

Dat daar ’n kerk op aarde ontstaan het, is die vrug van die handelinge van die Vader, die Seun en die Heilige Gees in ons belang. Die volgende paar dae gaan ons hieroor nadink.

Die eerste en belangrikste waarheid oor die kerk om te onthou, is dat Christus self sy kerk in stand hou. Dit lyk natuurlik nie so nie. Volgens statistiek stry die kerk ’n verlore stryd. Van die miljarde mense op aarde het die oorgrote meerderheid nog nie eens van Christus gehoor nie. Minder as een-derde van die wêreldbevolking behoort aan ’n Christelike kerk. Die ware verlostes is moontlik nog minder. En die getal is vinnig aan die krimp.

Die geboortesyfer oortref die weergeboortesyfer ver. Elke maand word nagenoeg ses miljoen mense gebore. Dieselfde geld nie vir die getal weergebore mense nie. Ander godsdienste wen veel vinniger veld as die Christelike geloof. Sommige sê die kerk is op ’n “stille uittog”. Sy tyd is verby. Spyker maar teen die kerkdeure ’n bordjie vas: Ikabod, klaarpraat …

Moet ons? Nee! Want Jesus is die hoof van die kerk. En Hy het gesê: “Die magte van die doderyk sal dit [die kerk] nie oorweldig nie” (Matt 16:18). Ons weet nie hoe die toekoms van die kerk in hierdie land gaan lyk nie. Ons weet nie of die afvalligheid en onverskilligheid sal toeneem nie. Alles is onseker. Maar dít weet ons: Jesus is die Here van sy kerkl Die kerk se toekoms is in sy hande. Dit is die bordjie wat teen die kerkdeure vasgespyker moet word, en wat dan daar kan bly.

Die kerk se toekoms is in Christus se hande.

Vader, Seun, Heilige Gees – bewaar u kerk. En vir my. Amen.

Johan Cilliers

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.