Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

God se kerk

Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie (Ps 138:8).

Mense sê hulle sien dikwels meer dwaling en ongehoorsaamheid in die kerk as godsvrug. Tog moet ons “die kerk” nie te gou afskryf nie. Dit is nog altyd God se kerk! Hý hou dit nog met ons uit, en daarom moet ons ook: met onsself en met mekaar. Die kerk is die plek waar Christus by verloste sondaars is, dit wil sê, by mense soos ons. Onvolmaakte mense wat nog op weg is na die volmaakte …

Daarom sê ons in die geloofsbelydenis: Ek glo aan ’n kerk. Dit is ’n geloofsaak. Daarom takseer ons die kerk nie op sy “baadjie” – op sy uiterlike gestalte en op empiriese gegewens – nie. Ons kyk na die kerk in die geloof. En ons weet: Die Here laat nie die werk van sy hande vaar nie (Ps 138:8).

Om dit te weet, kan die volgende drie gesindhede in ons wakker maak. Eerstens, die gesindheid van dankbaarheid teenoor die Here van die kerk. Hy dra ons elke dag. Hy verloor nie moed met ons nie. Hy volbring sy plan met ons, sy kerk. Daarvoor moet ons Hom prys. Tweedens, die gesindheid van geduld teenoor ons medegelowiges. Hulle is nie engele nie, maar mense. Ons is nie beter as dié wat na ons mening dwaal nie. Ons almal se insig is beperk. Derdens, ’n nuwe ywer om in en aan die kerk (dit wil sê, ook onsself) te werk sodat ons sigbaar kan word wat ons reeds in Christus is: heiliges en geroeptes.

Hou daarom op om net te kritiseer. Konsentreer op dankbaarheid en geduld. En spring aan die werk …

God hou dit met sy kerk uit; daarom moet ons ook.

Here, u kerk is ’n wonderwerk. Hoe anders sou ek, sondaar, daarvan deel kon wees? Amen.

Johan Cilliers

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.