Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Jy is ’n sendeling

“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees” (Hand 1:8).

Die derde element van die algemeenheid van die kerk is die feit dat dit op die hele wêreld gerig is, om só die boodskap van die verlossing in Christus na die hele wêreld uit te dra. ’n Goeie definisie van die algemeenheid van die kerk, dit wil sê, van sy sendingtaak, lui daarom soos volg: Die hele kerk wat die hele evangelie na die hele wêreld neem …

Dit beteken ek en jy is gered, nie om op ons louere te rus nie, maar om sendelinge te wees. Want sendelinge is nie net mense wat oor die see na verre en vreemde heidenlande gaan nie; élke gelowige is ’n sendeling. Dit is ook nie net predikante en ouderlinge en diakens wat geroep word om vir die Here te werk en te getuig nie, maar álle lidmate. Ons almal staan in die amp van gelowige. Wanneer Jesus sê: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees” (Hand 1:8), dui hierdie “julle” wel in die eerste plek op die apostels, maar nie nét op hulle nie. Dit sluit die hele kerk in.

Dit klink ongelooflik, maar dit is waar. Die Here wil jou gebruik. Al is dit net om teenoor jou man, vrou, kinders of bure te getuig. Dan is jy reeds ’n sendeling …

’n Goeie definisie van sending is “die hele kerk wat die hele evangelie na die hele wêreld neem”.

Here, hier is ek! Stuur my. Amen.

Johan Cilliers

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.