Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Vreugde

Die derde Sondag in Advent is die Sondag van vreugde.

Ons lees Psalm 126. Een kommentaar sê in die Hebreeus, anders as in die Grieks, is dit moeilik om altyd die tyd van die werkwoord te bepaal: Gebeur dit nou? Het dit gebeur? Of gaan dit nog gebeur?

In sekere sin is dit goed so, want wanneer die psalmskrywer sê: “Toe die Here die lot van Sion verander het, was dit vir ons soos ’n droom” (v 1), kan dit ook lees: “As die Here ons lot verander …” of selfs: “Terwyl die Here ons lot verander …”

In hierdie psalm is dit juis ’n gebeurtenis van die verlede wat hoop gee vir die toekoms. Dit maak dat ons in vers 4 lees: “Verander tog ook nou ons lot, Here, soos U droë spruite in die Suidland in waterstrome verander.” In hierdie woestyn kan droë stroombeddings in ’n oogwink strome water word wanneer dit begin reën.

En droom (v 1)? Droom het baie konnotasies. Miskien is dit hier die verrassende, die onverwagse: “Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: ‘Die Here hét groot dinge aan hierdie mense gedoen.’ Die Here hét groot dinge aan ons gedoen; ons was bly.”

Die Here hét en sál groot dinge aan ons doen om vir ons vreugde te gee.

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.