Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Liefde as krag

Die vierde Sondag in Advent is die Sondag van liefde.

Een van die bekende Adventliedere in die Liedboek van die kerk is juis: “God is liefde, juig ons harte …”

Liefde is in sekere sin ’n sentimentele woord. Dit het baie van sy krag verloor omdat ons dit te veel gebruik en dalk te min leef.

Ek wil liefde altyd inkleur met die Hebreeuse woord hesed. Hesed word in Engels pragtig vertaal met “steadfast love”. In die Ou Testament word hierdie woordpaar altyd met “liefde en trou” vertaal, juis om die getrouheid agter die liefde te onderstreep. Hierdie liefde is hardkoppige liefde, liefde wat by sy keuse bly staan.

Oor die liefde kan ons harte juig, want dit is meer as bloot ’n “sê-ding”. Dit is ’n keuse. Dit is so diep soos die krip, die kruis en die graf. Dit is hardkoppiger as die sonde en sterker as die dood.

Oor hierdie liefde juig ons harte, en dan is hierdie liefde ’n krag soos Hooglied dit in menslike liefde weerspieël sien: “Die liefde is sterker as die dood, die hartstog magtiger as die doderyk; dit brand en vlam soos vuur” (Hoogl 8:6).

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.