Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Begenadig

’n Jong meisie sit, seker soos elke dag, in haar huis. Besig met haar normale dagtake. Skielik verskyn ’n engel aan haar. Ek dink die woorde van die engel was meer verrassend as die engel self! “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou” (Luk 1:28).

Die jong meisie se reaksie van verbystering en nadenke was die gevolg van hierdie woorde, nog voordat sy die verdere nuus gehoor het – die nuus oor haar swangerskap. Dit is nie hoe sy oor haarself gedink het nie. Sy was so alledaags, so doodgewoon as kon kom. ’n Jong werkersklasvrou in ’n patriargale stelsel. Begenadig? Tog sekerlik nie.

God roep helder oordag, verrassend. Geroep-wees is dieselfde as begenadig-wees – om die guns van God te ontvang. Die gevolg van hierdie ontmoeting is dat die onmoontlike in die moontlike oorgaan. Haar bevestiging maak hierdie meisie ’n profeet (1:46-55), die moeder van God.

Iewers moes Maria in die lig van Gabriël se groet anders na haarself begin kyk en ’n pad betree het wat sy nooit self sou kon bedink het nie. Dietrich Bonhoeffer, die Duitse teoloog, praat van dissipelskap as genade. Nie as ’n opdrag of ’n bevel nie. Dit is die bevestiging of toestemming wat volg wanneer jy anders na jouself begin kyk omdat God jou sy “begenadigde” noem.

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.