Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Betlehem vandag

Martin Luther het in een van sy Kersfeespreke sy gemeente aangepraat omdat hulle gedink het hulle sou anders opgetree het as die swanger Maria aan hulle deur kom klop het. Volgens hom is dit net omdat hulle reeds Christus se grootheid ken dat hulle dit glo. Maar hy dink hulle is kinderagtig om te dink hulle sou Jesus in sy weerloosheid herken het.

Miskien, het Luther gesê, moet hulle liewer nie in hulle verbeelding scenario’s oproep waar hulle tot Maria se redding kom nie, maar eerder oor die woorde van Matteus 25 nadink.

In Matteus 25 sê Christus vir ons: Soos jy teenoor jou naaste in nood optree, só tree jy teenoor My op.

Jy hoef nie al hierdie eeue in Betlehem te gebly het nie, want die verhaal van Christus wat in die weerloses teenwoordig is, speel elke dag in ons elkeen se lewe af. En ons wat die Baba herken en besef wie Hy is, het miskien nog minder verskonings as die mense van Betlehem. Ons het riglyne gekry oor hoe om Hom te herken. Ons weet al so ’n bietjie meer, nie waar nie?

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.