Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Goeie nuus

In Lukas is daar twee gelyklopende geboorteverhale, dié van Johannes die Doper en dié van Jesus. Albei ontvangers van die Goddelike woorde oor die naderende geboorte – Sagaria en Maria – sing ’n loflied.

Die goeie nuus in Sagaria se lied is verlossing en vergifnis wat aan mekaar vasgeheg word. Johannes word in hierdie lied gesien as die een wat “kennis van verlossing” aan sy volk sal meedeel, “verlossing deur vergifnis van hulle sondes” (Luk 1:77). Hierdie vergifnis spruit uit God se innige ontferming. En hierdie innige ontferming word geassosieer met die Môreson wat sal skyn oor dié wat in die duisternis is om hulle voete op die regte pad te plaas.

God kies om te skyn. God kies om Hom te ontferm. God kies om te vergewe. God kies om te verlos.

God stuur twee kinders omdat Hy nooit sy heilige verbond vergeet nie (1:72). Dít is die goeie nuus.

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.