Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Met arendsvlerke

Van Ruler, ’n Nederlandse teoloog, merk in sy Adventmeditasies op dat die werklikheid is dat ons maklik moeg word. Liggaamlik moeg en geestelik moeg. Ons bereik plekke waar ons net nie meer lus is vir môre of lus is vir glo nie.

Soos iemand treffend geskryf het: Die bede in die Ons Vader waarin ons vra dat ons nie in versoeking sal kom nie, het te make met die smeekbede dat ons nie op ’n plek sal beland waar ons dink ons geloof is nie die moeite werd nie, waar ons Christen-wees-verhaal vir ons nutteloos is nie.

Net God kan ons moegheid dra en dit selfs verander. Jesaja 40 verwoord iets hiervan: “Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke” (40:30-31).

Omdat God nie moeg word nie …

… is daar ʼn môre.

… dra Hy ons vandag.

… kan God in Advent in ons harte ’n verwagting en ’n verlange skep vir nuwe lewe en nuwe hoop.

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.