Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Jesus

Die engel sê die Kind moet Jesus genoem word. Josua in sy moedertaal. Dié Naam beteken “God red”.

Van Ruler, ’n Nederlandse teoloog, sien in hierdie Naam die bedoeling van die koms van Jesus asook die wese van God uitgedruk: “Die Here kom te hulp en Hy red uit alle nood en verderf.”

Jesus se Naam raak ons reeds in ons nood aan. Dit is nie ’n Naam wat niks met ons te make het nie. Ons is immers verlangend en verlore. So ’n Naam val slegs reddend op die oor van dié wat hulleself goed ken en weet: God het na ons toe gekom sodat ons nie meer hoef te probeer om by Hom uit te kom nie.

Psalm 40 beskryf dit in beeldryke taal: “Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op ’n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop” (v 2-3).

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.