“Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser” (Luk 1:46-47).
Hierdie lofwoorde uit Maria se loflied, die Magnificat, stem baie ooreenstem met die lied wat Hanna tot eer van God gesing het (1 Sam 2). In albei vroue se lewe was dit die reaksie op God se verrassende en lewegewende ingrype in hulle lewe.
Hierdie lied is ten opsigte van sy inhoud glad nie sag nie. Ons is geneig om Kersfees te romantiseer met ons uitbeeldings en verhale van vrede en vreugde. Maar eintlik is Maria se lied ontwrigtend. Sy profeteer oor ’n wêreld waarin God dinge omdraai en waardes verander: God ruk magtiges van hulle trone af (Luk 1:52) en rykes word met leë hande weggestuur (v 53). God verhoog die geringes en versadig die hongeres met goeie gawes.
Dit is juis as minste, as vrou en as besitting in haar tyd dat Maria God se ander manier van werk in haar lewe kon raaksien. Sy besing die God wat die kleinstes roep en gebruik.