Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Ons

“‘Die maagd sal swanger word en ’n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.’ Die naam beteken God by ons” (Matt 1:23).

Die Naam Immanuel hef ons grense op: “God by ons.” Die grense tussen “ons” en “hulle”.

Wie is die ons? Wie is die hulle?

Die verskil tussen Kersfees en enige ander verjaarsdag is dat jou verjaarsdag joune is en jy die geskenke kry. Met Kersfees gee God Homself vir die wêreld-skepping-kosmos-mensdom. Binne die Naam waarmee Hy Homself gee – Immanuel – pas “hulle” of “julle” nie. Net “ons”.

Die hartseer werklikheid is dat ons deur die eeue heen met woorde en wapens teen “hulle” baklei, want God is by “ons”. Wanneer God by jou is, gun jy God ook troostend naby die ander? Is die Heilige daar om ook “hulle” te genees?

Immanuel is nie net troos nie; dit is ook uitnodiging en konfrontasie. Miskien kan ons een ding in die lig van Jesus se koms leer: om saam “ons taal” te probeer praat, want ons deel ons sonde, maar ook ons verlossing.

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.