Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Skyn soos die son (1)

Vir my is een van die mooiste verhale om die menswording van Jesus te verduidelik die verhaal van Thomas Merton.

Merton was ’n monnik in ’n baie streng Katolieke orde. Later in sy lewe het hy bely dat hy gedink het hy is darem ’n bietjie beter as gewone mense. Hy het immers baie dinge opgeoffer en volgens ’n baie streng regime geleef.

Eendag het hy egter ’n ervaring beleef wat sy manier van dink heeltemal verander het. Hy was in ’n besige stad omring van mense. Hy vertel: “In Louisville, at the corner of Fourth and Walnut, in the center of the shopping district, I was suddenly overwhelmed with the realisation that I love all those people, that they were mine and I theirs, that we could not be alien to another even though we were total strangers.”

Die implikasie van God se menswording het tot hom deurgedring: God het ons menswees kom bevestig.

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.