Thomas Merton het nie die wonder van menswees besef omdat hy ’n romantiese idee oor mense gehad het nie. Hy het nie gedink mense is sonder sonde of perfek nie. Nee, hy het tog te midde van Koue Oorlog en ander oorloë geleef. Hy het net skielik vir God dankie gesê dat hy ’n mens tussen mense is. Hy het geskryf: “I have the immense joy of being man, a member of a race in which God himself became incarnate. As if the sorrows and stupidities of the human condition could overwhelm me, now I realise what we all are. And if only everybody could realise this! But it cannot be explained. There is no way of telling people that they are walking around shining like the sun.”
Merton het gedink die wêreld sou anders kon wees as almal dit skielik sou raaksien: “The gate of heaven is everywhere.”
Miskien is dit so dat God meer van mense dink as wat ons van mense dink. Die engele gee ons tog ’n wenk in hulle woorde in Lukas 2:14: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het!” Vir die mense van wie God hou.