Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Oefen om te ontvang

Ons grootste geskenk met Kersfees is God self. God kom na ons toe en gee Homself vir ons.

Meister Eckhardt het geskryf dat alle geskenke wat ons ontvang, ons help om hierdie grootste geskenk te ontvang. Ons leer dat ontvang net so belangrik is soos gee. Ons ontdek dat ons moet leer om dankbaar te wees en met vreugde te neem wat vir ons gegee word. Om nie dadelik te dink wat ons kan teruggee nie; om nie dadelik te voel ons is die geskenk nie werd nie.

As ons nie ’n klein ietsie van iemand naby met vreugde kan ontvang nie, wat maak ons met die geskenk van God self?

Die Evangelies is vol verhale van leiers en belangrike mense wat gesukkel het om Jesus te ontvang, wat Hom eers wou verstaan, en wat Hom eers wou oordeel. Miskien is die Kerstyd ’n goeie tyd om te oefen om te ontvang. ’n Goeie tyd om jou af te vra of jy regtig glo God het Homself vir jou in die kind Jesus gegee.

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.