Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Voltydse navolgers

Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe, want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins (Filippense 1:20).

Jesus roep dissipels om Hom na te volg. En die uitkoms van hierdie ontmoeting met Jesus is vryheid. Dit is tot-rus-kom. Dit is ’n nuwe identiteit wat jou laat besef jy is gevind. Jesus is tevrede met jou. Hy aanvaar jou soos jy is en Hy maak jou sy lewenslange dissipel. Tog is baie dissipels onseker wat hierdie dissipelskap werklik behels.

In ’n Bybelstudie wat ek en Johan Smith oor dissipelskap geskryf het, verduidelik ons die hart van dissipelwees soos volg:

  • Jesus self roep jou.
  • Jy staan in ’n lewende, lewenslange verhouding met Jesus en beleef al hoe meer: “Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins” (Fil 1:21, NLV).
  • Jy verbind jou daartoe om Jesus 24/7, 365 dae van die jaar na te volg.
  • Jy as dienaar van die Here leef anders saam met ander gelowiges.
  • Jou lewe loop oor met liefde vir God en ander mense.
  • Jy is elke dag gehoorsaam aan Jesus.
  • Jy dien Jesus se ander volgelinge, én mense wat Hom nie ken nie.
  • Jy dra jou kruis agter Jesus aan. Jy kruisig jou selfsugtige behoeftes ter wille van nuwe prioriteite in die koninkryk van God.
  • Jy leef nederig in navolging van Jesus se voorbeeld toe Hy tussen ons op aarde geleef het.
  • Jy groei voortdurend en dra vrug op die pad van die Here.
  • Jy leef ’n lewe vol vreugde en vrede in die Here se teenwoordigheid.

Here, kweek in my ’n vurige verlange na U sodat ek alles in die wêreld as waardeloos sal beskou solank ek net by U kan wees en U kan verheerlik in my lewe. Dankie dat my lewe in u teenwoordigheid ’n lewe vol vreugde en vrede beteken. Amen. 

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.