Boodskap vir Vandag

Search

Gebed skep ’n nuwe identiteit

Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ’n mens of die besluit van ’n man nie, maar hulle is uit God gebore. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid (Johannes 1:12-14).

Die Ons Vader word elke sekonde van elke dag deur iemand in sy of haar taal iewers gebid. Dis die eerste gebed wat baie mense leer en die laaste een wat baie mense op hulle sterfbed bid. Dit vorm en rig lewens, gesinne en gemeenskappe, skryf Steven Croft. Dit is ten diepste wat gebed is. Dit vorm ons lewe. As ons die Ons Vader met ons hele hart bid, sal ons lewe verander.

Reeds die eerste woorde van Jesus se gebed staan lynreg teenoor ons verbruikerskultuur. Croft skryf: “First, this prayer gives to those who pray it an identity and a place in the world and a countercultural community. ‘Our Father in heaven, hallowed be your name.’ It opposes the myth that we are random specks of matter floating through space and time. It opposes the myth that our lives do not matter. It opposes the myth of fragmented humanity. We are created and loved and called into friendship with God who is our father and into community with our fellow human beings who are therefore our sisters and brothers. Only someone who has found this new identity can stand against the advertising culture which night and day seduces us to define who we are by what we spend.”

Ons identiteit word nie deur sosiale status of besittings of geld bepaal nie. Ons identiteit word bepaal deur God se genade wat ons in ’n familie opgeneem het. God se familie word ons familie – selfs al verskil ons van mekaar, al is ons van verskillende kulture of al het verskillende sosiale identiteite. Die Ons Vader leer ons dat gebed nie net ’n privaat saak is nie; ons bid ook vir en saam met ander. Ja, daar is tye wanneer ons alleen met ons Vader praat, maar daar is meer tye wanneer ons as familie saam tot Hom bid. Ons praat saam met ons Pa en ons bid saam met mekaar oor die dinge van die wêreld – oor wat ons bekommer en bly maak, oor wat ons vier en waaroor ons rou.

As ons nie ook saam met ander bid nie, ignoreer ons ons identiteit as God se familie. Dan staan ons gebed gevaar om ’n liefdeloos te word. Kom ons neem ons voor om gereeld saam as familie van God te bid!

Dankie, liewe Vader, dat U my opgeneem het in u familie. Herinner my gereeld aan my identiteit as u kind en help my om al meer saam met my broers en susters in u familie te bid en in liefde te leef. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.