Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Verskriklike periferie

Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here en van sy wonderbaarlik mag (2 Tess 1:9).

Daar sal eendag ’n opstanding in heerlikheid wees. Maar dit is net vir dié wat in Christus gesterf het.

Daar is ook ’n opstanding buite hierdie heerlikheid. Dit is die lot van dié wat buite Christus sterf. Dit is ’n harde woord, maar ons mag dit nie met eufemismes versag of om menslike redes probeer wegredeneer nie. Dit staan daar, swart op wit: Die Here Jesus sal met sy magtige engele in ’n vuurvlam uit die hemel verskyn. Dan sal Hy die mense wat nie vir God ken nie en dié wat die evangelie van ons Here Jesus nie wou gehoorsaam nie, straf. Die ewige verdoemenis is hulle straf. Daar sal hulle vir altyd geban wees uit die teenwoordigheid van die Here en sy magtige heerlikheid (2 Tess 1:7-9).

As jy die moed het om oor dié verskriklike moontlikheid na te dink, weet jy dit kan nie anders nie. As iemand in hierdie lewe sonder God en daarom buite Christus se wil leef, sal dit tog in die toekomstige lewe nie anders wees nie. Die ewige verdoemenis is niks anders nie as die bekendmaking en beklemtoning van wat reeds is. Die opstanding in heerlikheid en die ewige lewe openbaar en beklemtoon presies die teenoorgestelde, die (ewige) lewe wat ons in Christus nou reeds het.

Die bedoeling van die evangelie is Lewe. Die verskriklike moontlikheid, en feit, dat mense dit verpas, doem alleen maar op aan die periferie van die Bybelse boodskap – as gevolg van mense se volhardende ongehoorsaamheid. Want God wil dit nie! Hy wil dat ons sal leef! Wil jy?

Here, dankie dat ek reeds het wat ek sal ontvang. Amen.

Johan Cilliers

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.