Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

’n Nuwe jas

“Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here” (Job 1:21).

’n Mens kan niks met jou saamneem wanneer jy hierdie lewe verlaat nie. “Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit,” sê Job (1:21). ’n Lykswa het nie ’n sleepwa nie en ’n doodskleed is sonder sakke.

Ortiz, die bekende Latyns-Amerikaanse evangelis, vertel van die dood van ’n welgestelde man in sy gemeente. Toe Ortiz daar opdaag, tref hy die weduwee by die liggaam van haar man aan. Dit was al baie koud en sy het vir haar gestorwe man ’n warm jas aangetrek. Toe sy sien Ortiz sit en bewe van die koue, was dit of sy besef hoe dwaas dit was, en sy bied toe die jas vir hom aan. “Ek skenk dit aan u.” Ortiz het die geskenk aanvaar. En die man? Hy het, so vertel Ortiz, nie ’n enkele woord van beswaar aangeteken nie!

Natuurlik nie. In die dood het ons nie jasse nodig nie. Ons word van alles gestroop. Selfs van ons liggaam. Dit verval tot stof. Maar ons het ook niks nodig nie, want ons gaan ’n nuwe liggaam, ’n opstandingsliggaam, uit die hand van die Here ontvang. Wie dit het, het alles. Want met hierdie liggaam gaan ons ewig by die Here wees …

Moet daarom nie so krampagtig vasklou aan die dinge om jou nie. Leef lig en vry. Leer om, selfs al word jy van alles gestroop, soos Job te sê: “Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here” (Job 1:21).

Here, bevry my van my oortollige bagasie. Amen.

Johan Cilliers

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.