Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Lewensversekering

Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood (1 Kor 15:26).

Die belydenis dat ons glo in die opstanding van die vlees beklemtoon opnuut dat die evangelie opgewasse is teen die dood. By die eindoordeel sal die triomf wat Christus reeds oor die dood behaal het vir almal sigbaar wees en in sy volle konsekwensie geopenbaar word.

Maar “die laaste vyand wat vernietig word, is die dood” (1 Kor 15:26). Ja, in hierdie bedeling bly die dood nog ’n werklikheid, ’n grou en skynbaar finale werklikheid. Ons almal moet daardeur. Die dood is soos ’n geleide projektiel op jou spoor: Hy bly soek jou hitte, om dit uit te doof. Jy sien sy onversteurbare hartklop op jou digitale horlosie flits en jy weet dit is een afspraak wat jy nie met die verskoning van ’n vol program sal kan uitstel of afstel nie. Die dood is dood-seker en dood-betyds.

Tog is die dood nie finaal nie. Die dood spreek nie die laaste woord oor ons lewe nie. Die dood is aan Jesus onderwerp. Hý spreek die laaste woord. As ons seker is van die dood, kan ons nog sekerder wees van die lewe wat daar in Christus is. In Hom het ons ewige lewensversekering … Maar dan ook net in Hom! Buite Hom is die dood, die ewige, afgryslike ontbering van die Lewe. Daar is geen moontlikheid tussenin nie.

Waar is jy?

Here, dankie dat ek nie net ’n afspraak met die dood het nie, maar bowenal met U. Amen.

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.