Boodskap vir Vandag

Search

Daaglikse opstanding

Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek het (Ef 1:19-20).

Die belydenis oor die opstanding van die liggaam getuig nie net van ’n toekomstige gebeurtenis nie, maar ook van ’n huidige, daaglikse werklikheid. Want dieselfde krag waardeur ons eendag sal opstaan, is tans reeds in ons aan die werk. Dit wek ons nou, en telkens weer, uit die dood op, dit wil sê, uit die sonde.

Ons moet verstaan, sê Paulus, hoe geweldig groot die krag is wat God uitoefen in ons wat glo. “Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek het” (Ef 1:19-20).

Die opstanding van Jesus roep ons elke dag op tot ’n opstanding uit die dood van die sonde. Dit wek in ons die begeerte tot daaglikse bekering, om die ou mens af te sterwe en die nuwe mens te laat opstaan (Heidelbergse Kategismus, Sondag 33, Vraag 88). Die opstanding van Jesus maak ons opstandig teen die sonde in ons lewe en in die wêreld. Jesus se opwekking uit die dood maak ons opgewek oor die krag van God wat in ons werk, oor die hoop!

Dit beteken prakties dat ons nie maar ons sonde en kragteloosheid gelate moet aanvaar nie. Ons kan, ons móét tot bekering kom. Vandag. Jy kan daardie sonde waaraan jy nou dink, aflê. Jy kan uit jou skynbaar hopelose situasie loskom. Nie omdat jy verbete moed aan die dag lê of in jouself die potensiaal daartoe het nie, maar omdat Jesus uit die graf is. Dáárdie krag werk in jou!

Maak dit jou opstandig teen die sonde? En opgewek?

Here, ek staan op. Hef U my op. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.