Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Onvoltooide kunswerk

Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken, soos God my ten volle ken (1 Kor 13:12).

Die geskiedenis is nie altyd “logies” te verstaan nie. Daar gebeur so baie onbegryplike dinge, raaisels waarvan ons die “sin” met die beste wil ter wêreld nie kan ontrafel nie. Waarskynlik kan jy ’n paar sulke gebeurtenisse in jou lewe opnoem. Waarom moes my man, vrou, kind, geliefde juis toe sterf? Juis só sterf? Waarom moes ek siek word? Waarom die doring in my vlees? (2 Kor 12:7). Ons hoor nie die antwoorde nie. Baie dinge bly tot die einde van ons lewe ’n misterie.

Paulus het dit ook ervaar, want ons hoor hom sê: “Nou ken ek net gedeeltelik …” (1 Kor 13:12). Ja, die God agter al die gebeure handel dikwels anders as wat ons sou wou gehad het … of kan begryp. Dit is soos om ’n kunstenaar dop te hou wat aan ’n skildery werk. Eers verstaan jy nie wat hy doen nie. Uit die paar strepe en kleurkolle van sy aanvanklike werk kan jy nie veel wys word nie. Dit lyk so deurmekaar, lelik … totdat jy die eindproduk sien! Dan begin die figure en kleure sin maak, dan eers verstaan jy die belangrikheid, die dieper betekenis van die vooraf arbeid.

Ons lewe is ook só. Nou soms nog raaiselagtig, maar ons weet die Kunstenaar sal die prentjie voltooi, en dat dit mooi sal wees, goed sal wees. Die Bybel belowe dat ons eendag ten volle sal ken soos God ons ten volle ken (1 Kor 13:12). Ons sal die hele prentjie sien en die betekenis van alles verstaan.

Want dié Kunstenaar is ’n meester.

Meester, skilder my ook op u doek. Amen.

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.