Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Is jou geloofsvisie in fokus?

“Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan” (Joh 5:24).

By die nagmaaltafel van ’n kerkie in Wes-Duitsland is daar ’n uitbeelding van die kruistoneel, van Jesus wat ly en sterf. Verder op die agtergrond is daar ’n beeld van dieselfde Jesus wat met ’n kroon op sy kop op die oordeelstroon sit terwyl die nasies van die wêreld voor Hom versamel word, aan sy regterhand en linkerhand. ’n Derde beeld, nog verder op die agtergrond, is dié van die ewigheid waar die gelowiges in heerlikheid vir God aanbid en prys.

Die eerste toneel is vir ons duidelik. Dit het immers in die geskiedenis, voor die oë van mense, plaasgevind. Die ander twee, die eindoordeel en die ewige lewe, is minder sigbaar vir mense-oë. Dit is nog vaag, op die agtergrond. Want jy sou beswaarlik kon dink dat die Gekruisigde ook die Een is wat sal oordeel, en wat die ewige lewe gee …

Maar ons weet dit is een en dieselfde Here. Dié wete laat ons deur die kruis kyk en die oordeel raaksien. Dit laat ons veral deur die oordeel kyk en die ewige lewe raaksien! Dit laat ons verstaan dat Jesus gekruisig is om die oordeel van ons af te wend en vir ons die ewige lewe te skenk. Hy self het gesê: “Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan” (Joh 5:24).

Luister jy na Hom?

Glo jy?

Is jou geloofsvisie in fokus?

Sy kruisdood maak dit ook vir jou moontlik.

Jesus, ek hou my oë op U, die Begin en Voleinder van my geloof. Amen.

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.