Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Gelowiges is opruimers

Ons leef in die verwagting van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers (2 Pet 3:13).

Die sondeval het ons lewe ingrypend aangetas. Dit het ook God se goeie skepping, die natuur, getref. Meer nog, die natuur word deur ons, sondige mense, verwoes.

Kyk weer ’n slag om jou rond. As dit nie brandende oliebronne is wat die lug besoedel nie, is dit oseane waarin olie gestort word. En dikwels nie eens per ongeluk nie. Die voëls, die bome, die visse, die grond loop deur onder die onverskilligheid van sondige morsjorse. Ons kap die woude uit en oorbenut die grond omdat ons hebsugtig is.

Geen wonder nie dat Paulus destyds al kon sê die skepping sug in die pyne van die verganklikheid waaraan alles nou nog onderwerp is (Rom 8:22-23). Ja, die hele skepping verlang na ’n beter, ewige bedeling … die dag wanneer alles bevry sal word van die verslawing aan die verganklikheid, “om so tot die vryheid te kom wat hoort by die heerlikheid van die kinders van God” (Rom 8:21). Wanneer Petrus sê ons kan ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde verwag waar die wil van God sal heers (2 Pet 3:13), bedoel hy presies dit!

Hierdie opruiming van die aarde moet egter nie wag tot “eendag” nie. Ons moet as gelowiges reeds nou getuienis aflê van die ewige lewe deurdat ons God se aarde skoonmaak en skoon hou. Wanneer ons ’n koeldrankblikkie optel of nie ons lekkergoedpapiere op die grond gooi nie, sê ons: “Ek glo aan die ewige lewe! Ek verwag ’n nuwe aarde!”

Het iemand gesê ons geloof is abstrak? “A pie in the sky when you die”? Dink weer.

Here, laat my klein opruiming vandag ’n teken wees van die groot opruiming wat kom. Amen.

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.