Boodskap vir Vandag

Search

Volle vreugde

Dit vervul julle met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap (1 Pet 1:8-9).

Die ewige lewe bestaan uit die liefde. Maar luister ’n mens na die Hollandse teoloog AA van Ruler, is daar iets wat selfs hoër is as die liefde, naamlik die vreugde! Hierdie vreugde, wat die ewigheid is, beskryf hy as “die vreugde oor onsself en oor ons naaste … die vreugde oor die totale werklikheid”.

God se bedoeling, sê Van Ruler, is dat ons die ewigheidsvreugde reeds in die hede sal smaak. Ons weet egter maar te goed dat die sonde die vreugde ingrypend aangetas het. Die sonde wil ons graag swaarmoedig stem. Dikwels weerklink ons vreugdelied in die mineur, het dit ’n gedempte toon, of miskien moet ons eerder sê ’n getemperde toon. Maar dit is daar! Die eerste beginsel van die vreugde is reeds in ons werksaam!

Daarom kan Petrus sê: “Deur in Jesus te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle [nou reeds] met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap” (1 Pet 1:8-9).

Ja, wees gerus bly! Die Here is naby (Fil 4:4-5).

Here, as my voorlopige vreugde in U reeds so wonderlik is, hoeveel te meer nie die volle vreugde van die ewigheid nie! Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.