Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Voltooide simfonie

Die geluid wat ek gehoor het, was ook soos dié van siterspelers wat op hulle siters speel. Hierdie mense sing ’n nuwe lied daar voor die troon (Op 14:2-3).

Die Oostenrykse komponis Bruckner het ’n negende, onvoltooide, simfonie gekomponeer. Want voordat hy dit kon voltooi, is sy lewe en werk deur die dood kortgeknip. As opskrif bokant hierdie werk het hy geskryf: Dem Lieben Gott gewidmet – “Aan die liewe God gewy”.

Soos hierdie simfonie is die lewe – onvoltooid, kortstondig. Daar is so baie wat ons moet doen, mag doen, veral in diens aan God. Maar so baie word onvoltooid gelaat, nooit afgehandel nie. Om verskeie redes …

Die belangrikste is egter dat daar bokant ons lewe, bokant ons kortstondige lewensimfonie, geskryf sal staan: Aan die liewe God gewy. Want ons weet: Ons lof aan God in hierdie lewe is maar ’n inoefening, ’n voorspel tot die ewige lof aan Hom, tot die ewige en heerlike simfonie. ’n Mens hoor iets hiervan in Openbaring 14:2-3 waar Johannes sê: “En ek het ’n geluid uit die hemel uit hoor kom wat soos die gedruis van ’n groot watermassa en soos die gedreun van swaar donderweer geklink het. Die geluid wat ek gehoor het, was ook soos dié van siterspelers wat op hulle siters speel. Hierdie mense sing ’n nuwe lied daar voor die troon.”

Die donker klanke van watermassas en onweer en die sonore klank van siters vorm alles deel van die klimaks, die grand finale, die voltooide simfonie – aan die liewe God gewy! Begin jou vandag daarvoor instem. Al is jy nie ’n Bruckner nie. Al kan jy selfs nie eens een noot hou nie …

Here, help my om vandag noot te vat – vir die ewigheid. Amen.

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.