Boodskap vir Vandag

Search

Wondertekens en onsin

Lees 1 Korintiërs 1:18-25.

Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ’n aanstoot en vir die ander is dit onsin … (v 22-23).

Niks het ook verander nie …

In Paulus se tyd het die Jode gevra na God se wonderwerke – en wanneer hulle dit nie gesien het nie, het hulle belangstelling verloor. Deur die eeue was dit by baie mense die geval, wêreldwyd. Is dit steeds so: Groot wonderwerke (of gerugte daarvan) lok groot skares, maar as dit nie ’n groot genoeg skouspel na hul sin is nie, draai hulle onvergenoeg om en gaan soek na méér.

Destyds het die Grieke groot klem op redevoering en slim uit­sprake gelê – en wanneer hulle dit nie gevind het nie, het hulle verder gesoek. Deur die eeue was dit by baie mense die geval, wêreldwyd. Is dit steeds so: Kennis is koning! Bewysbare in­ligting is al wat tel, die res is bewysbare onsin. Of hoogstens ’n filosofiese of esoteriese gebabbel.

En eintlik, sê Paulus, verkondig hy en sy koninkryk-medewer­kers bloot die gekruisigde, gebroke Christus. Ja, gee hy toe, dit is ’n enorme teleurstelling vir dié wat ’n wonderwerker soek. En ’n foeitogfabel vir hulle wat tot elke prys wil weet hoekom dit moes gebeur, ás dit hoegenaamd gebeur het.

Vir ons, sê Paulus, is die gewonde Geneser die grootste troos in lewe en in sterwe. Sy krag kom juis tot volle werking wanneer ons swak is. En wanneer Hy ons ongeloof te hulp kom, is daardie genade vir ons genoeg.

Here, my krag en my sterkte, u genade maak my lewe sinvol. Ek leef in die greep van u goedheid.

Barend Vos

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.