Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Jongmense

Lees Psalm 119:9-10.

Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart … (v 10).

Hoe kan ’n jongmens sy lewe skoon hou? vra die psalmdigter hier. Ag, verskoon tog dié vraag. Wie op aarde vra nog sulke vrae? Wie wens nog hiervoor? En wat presies is ’n skoon lewe nou eintlik?

Dit is wel so dat daar min mense is wat nie op hul lewe terugkyk en sien hoe grotesk hulle langs die pad drooggemaak het nie. Veral in hul jongmensdae. Hulle kyk terug op die roete waarlangs hulle gekom het en staan dikwels verstom oor die wonderwerk dat hulle dit hoegenaamd oorleef het.

Wat van dié vraag: Het ’n skoon lewe ’n verband met ’n rein hart? Dit lyk tog so, want is dit dan nie hierdie vraende psalm­digter se dapper voorneme nie – gehoorsaamheid met ’n hele hart? ’n Onverdeelde hart, soos dié waarvoor Dawid in Psalm 51 pleit? As dit die geval is, dan word ons hier goed gehelp. Want, het Dawid oor die verkryging van ’n rein hart gesê, dit is God se werk. Hy skep ’n rein hart uit ’n sondeverbryselde een.

Kan dit wees dat God ook die vraende, sugtende mens hier te hulp kom? Die vuil opruim? Die gemors wegneem? Alles skoon­maak? ’n Nuwe moontlikheid voorberei?

As dit alles waar is, dan is die “Hoe kan ’n jongmens sy lewe skoon hou?” (v 9) tog ’n goeie vraag om te vra. Noodsaaklik, selfs. Vergeet egter van die jongmensfrase; vra eerder oor alle mense. Nog beter: Vra sommer reguit oor mense soos ek.

Here, hoor tog my sug! Sterk my in my goeie voornemens. Ek is u kindjie klein.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.