Boodskap vir Vandag

Search

Saam

Lees Psalm 133.

Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon! (v 1).

Onderlinge liefde is een van die pilare van die geloof in God. Dit is die waarmaak van die groot gebod. Johannes skryf immers: “As iemand sê: ‘Ek het God lief,’ en hy haat sy broer, is hy ’n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê” (1 Joh 4:20-21).

Eenvoudig, nie waar nie? Doodlogies.

Helaas nié. Dit blyk dat gelowiges God dikwels met soveel oorgawe liefhet dat hulle hul liefde opgebruik. Daar is weinig vir die medemens oor. Só lyk dit altans. Want hoe anders verklaar ’n mens die skynbaar nimmereindigende galbrakery en aan-die-keel-­grypery en in-die-rug-stekery waarin hierdie belydende Godlief­hebbers so uitblink?

Hoe verduidelik ’n mens aan ongelowiges dat dit maar is soos gelowiges is? Dat sulke onderlinge twiste tog nie aan té hoë stan­daarde gemeet moet word nie? Dat gelowiges ook maar mens is?

Dat mense wat van beter weet hul rug vir hul naaste kan draai en dink dat hulle steeds vir God kan sien? Moet jy dan hiermee saam bely dat hul luidkeelse liefde vir God dikwels ’n masker is waaragter hulle die haat vir ’n medemens lustig kan vertroetel? Ook maar mens …?

Wel, dan verbeur mense soos ons ook die rykdom wat naaste­liefde ons bring. Misreken ons ons met God se eenvoudige stan­daarde. Bly ons arm en gebrekkig en oningelig en doodverlief op onsself. Kammakastige Godliefhebbers. Opregte Godloënaars.

Liewe Here, ek sukkel só om lief te hê. Moet my nie verwerp nie. Leer my!

Barend Vos

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.