Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

God se wil?

Lees 1 Johannes 1:5-10.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie (v 5).

Is daar enigiemand wat dit sal waag om hierdie sterk, sterk uitspraak teen te spreek? Wie wil dit ontken of, erger, probeer weerlê?

Nie sommer nie. Gelowiges stem oor baie dinge nie saam nie, maar minstens hieroor is hulle dit hartlik met mekaar eens: Daar is geen krieseltjie duisternis in Hom nie. Ons God is ’n God van lig. En die beste van alles? Die lig wat uit Hom straal, verlig ook sy kinders. Hulle dra dit in ’n donker wêreld in omdat Jesus hulle aangestel het om dit te doen (Matt 5:14-16). Eenvoudig, nie waar nie?

Nou is dit tog vreemd dat gelowiges aanhoudend kla oor hoe donker alles rondom hulle geword het. Rondom húlle, die ligdraers.

Maar selfs vreemder is die duister motiewe wat so dikwels en so maklik aan God toegeskryf word. Daar word sonder ’n sweempie ironie – en met volop piëteit – verklaar dat dit sy wil was dat hier­die en daardie ellende toegeslaan het. Dat ons daarom eenvoudig moet berus, dit is nou maar eenmaal so.

Só kry rampe en ongelukke en persoonlike tragedie sonder meer die stempel van God se wil – en dit deur gelowiges. Mense wat vlot en vroom verklaar dat Hy lig is, dat daar geen duisternis in Hom is nie. Ligdraers, wat hierdie donker tyding versprei.

Hierdie uitsprake, hoe goed ook al bedoel, grens aan laster. Dit is niks minder nie as ’n weerspreking van Johannes se verklaring hierbo. Dit gee die duisternis die laaste woord en maak God ’n troostelose tiran.

Here God, ewige Lig van u wêreld, skyn ook oor my en my gedagtes. Maak my woorde helder en my dade lig.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.