Boodskap vir Vandag

Search

Mýne!

Lees 1 Johannes 3:16-17.

… hoe kan die liefde van God in hom wees? (v 17).

God het die wêreld so liefgehad, het Johannes in daardie bekende vers in sy Evangelie geskryf, dat Hy sy enigste Seun gegee het. Dit sal altyd die baken van ware liefde bly: om so lief te hê dat jy gee.

En, ja, dit sluit diegene in wat uit hul oorvloed kan gee. Geld én goed. Dit sluit ook hulle in wat niks anders het om te gee nie as hul tyd. Hul aandag. Hul hande, om te maak en te voer, te koester en om die pad te beduie. Hul voete, om ’n ent saam te stap, ’n tweede kilometer, of sommer heelpad. Hul mond, om namens die stemloses te praat. Hul pen, om namens die ongeletterdes ’n brief te skryf of ’n navraag te rig. Hul ander wang, om dié te draai in die naam van hulle wat mishandel en misken word.

Om te gee is om God te gehoorsaam. En dit is nie moeilik om agter te kom hoe gehoorsaamheid aan Hom lyk nie. Dit is om te maak soos Hy maak. Dit is heel prakties: Wat Hy vir ons doen, behoort ons ook vir mekaar te doen.

Daarom is dit bitter tragies dat Johannes hier kies om ’n nega­tiewe vraag te vra. Om te sê: “geen gevoel” en “hoe kan die liefde van God …?” (v 17).

Dit is asof hy diep sug omdat hy, ten spyte van die klinkende voorbeelde van God se liefde, by voorbaat weet: Daar sal niks van kom nie. God se kinders vra mos allereers wat daar vir hulle is, en dan hou hulle wat hulle het. Styf teen die bors, diep in die sak. Mýne! Mýne! Mýne!

Ag, Here! Help my onthou: Wat ek is, is net genade. Wat ek het, is net geleen.

Barend Vos

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.