Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Lewegewer

Lees Esegiël 37:1-14.

“Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe” (v 14).

Doodsbeendere! Dit was nog altyd ’n aardige gesig vir dié wat daarop afkom. In baie gevalle, onder andere by Jesus, het dit ’n skelwoord geword. ’n Aanduiding van iets wat vergaan het, sonder hoop op herstel. Al wat oorbly, is die grillerige getuienis van wat eens lewend was, dalk selfs belangrik. Nou is alles verby, en dié oorblyfsels kan net so gelaat word, dalk toegegooi word, as jy ge­noeg respek vir die dood en dié dooies het.

Stel jou die profeet se ontsteltenis voor toe hy tussen so ’n klomp beendere beland en aangesê word – deur niemand minder nie as die Een in wie se diens hy is – om daar rond te loop en te sê wat hy van dié spulletjie dink. En te antwoord op die vraag of daar weer lewe in die bene kan kom.

Hoe sal hý nou weet? Daarom luister hy aandagtig na sy Meester se opdrag, voer dit nougeset uit – en sien die verstommende gesig van uitgestrooide doodsbeendere wat weer aan mekaar begin heg, wat weer vleis om die been kry en vel bo-oor.

Daar kom egter eers weer lewe in dié lyke toe die Wind daar­oor begin waai en tot in die vlees-en-bloed deurdring. Toe die hopeloosheid van die situasie finaal omgekeer word. Wat eens doodsbeendere was, word nou lewende wesens. Wat afgeskryf en eenkant laat lê is, staan weer op.

Is alles nou weer soos dit was? Ja, wel, maar veel beter as tóé. Nou weet almal hoe dinge inmekaarpas. Presies Wie dit is wat lewe gee.

Net U, o Gees, kan nuwe lewe gee. U heers oor lewe en dood. U Naam is Hoop.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.