Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Lewe

Lees 2 Korintiërs 3:1-6.

Die letter maak dood, die Gees maak lewend (v 6).

Paulus sê hier wat ons almal reeds weet: Jou optrede verklap veel meer oor jou as wat ’n skriftelike verslag ooit kan. Letters-op­papier is dood; woorde moet geleef word. Die een haal asem, die ander nie. So eenvoudig soos dit.

Daarom is sogenaamde aanbevelingsbriewe (oftewel getuig­skrifte) nie regtig die papier of die moeite werd nie. Letters kan ingespan word om te lieg of te verwar, te verdoesel of slinks te verswyg. Die getuigskrif wat saak maak, is die doen en late, die gesproke woorde wanneer daarvoor gevra word en die stilbly-op­-die-regte-tyd.

Só begryp ons iets van Paulus se vreugde oor mense wat dit verstaan, wat hul hart op hul mou dra, wat hul woorde en dade nie op papier uitleef nie maar in ’n vlees-en-bloed-wêreld. Daar waar hulle ’n verskil maak in hul omgewing en in ander se lewe.

Eintlik is dit logies dat Paulus nou die werk van die Gees by hierdie “lewende getuienis” byhaal wanneer hy die dooie letters en die lewende Gees teenoor mekaar stel. Hier bevestig hy dat as ’n kneg van die letter voor ’n papiergod buig, hy gevaar loop om die lewendmakende werk van die Gees mis te loop.

Dit is sulke halsstarrigheid (om nie te sê verstoktheid nie) wat gelowiges en almal rondom hulle uiteindelik duur te staan kom. Dit is immers die dood in die pot vir die kerk van Christus wan­neer die laaste woord aan “daar staan geskrywe” behoort, in plaas van aan “só word daar gelewe”.

Leer my elke dag, o Gees, hoe om te lewe. Tot u eer en tot my naaste se heil.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.