Boodskap vir Vandag

Search

Om Hom te ken

Lees 1 Samuel 3:1-10.

Maar Samuel het nog nie die Here geken nie, want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie (v 7).

Die jong man was na alle waarskynlikheid toe reeds ’n geruime tyd in die tempel, waar hy onder die ou priester se toesig “die Here gedien” (v 1) het. Só vertel die skrywer.

Ons, die latere lesers hiervan, neem kennis van sy opmerking dat die Here maar “min gehoor” (v 1) is, dat daar nie dikwels openbarings was nie. Dat ou priester Eli nie meer goed kon sien nie. Dat hy aanvanklik, selfs ná die tweede keer dat die stem na Samuel geroep het, nie twee en twee kon bymekaar tel nie. Dat hy eers die derde keer agtergekom het: Daar kan mos net Een wees wat so aanhou en aanhou …

Dit is die bekende storie. Die voor die hand liggende, nugter feite. Maar wie kan lesers verkwalik wat tog wonder: Hoe gebeur dit dat daar oor iemand wat in die tempel werk, een van wie daar selfs gesê word dat hy die Here dien, sommerso ligweg vermeld word dat hy nog nie die Here geken het nie? Kan ’n mens dan in die tempel werk, daar waar die lamp van God helder brand, en nie die Een ken tot wie se eer die tempel bestaan nie?

Wat sê dit, byvoorbeeld, van die priester onder wie se toesig hierdie godsdiens verrig is? Was dit net Eli se oë wat swak geword het? Of het sy ore wat God se stem moes hoor ook ingegee? En het sy moed om God te eer ook verdwyn?

Wat van hierdie vraag: Is dit moontlik om godsdiens sonder God te bedryf?

Here, ek wonder ook oor my vroom gewoontes en rituele. Hoor ek ooit u stem?

Barend Vos

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.