Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

In die Naam van die Here

Lees 1 Samuel 17:32-49.

“Ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige” (v 45).

Die seun Dawid is reeds as koning oor Israel gesalf, maar Saul, die dienende vors, weet dit nie. Hy het in elk geval groot proble­me (letterlik!) wat sy aandag vra: die reuse-Filistyn met die groot mond en die lywige ego.

Die mooi seun met die bloesende gesig verstaan nie die ver­lammende vrees nie en hy vra die koning se toestemming om die Filistyn stil te maak. Die raadop koning gee sy swaar harnas aan die seun, maar dit hou hom teë.

Die res van die storie is goed bekend. Dit is sekerlik een van die heel bekendstes vir ons wat van kleins af Bybelstories aangehoor het. Ons kon ons van altyd af vereenselwig met die mannetjie wat hom teen alle gesonde logika in teen die reus verset het.

Vandag het hierdie legendariese ongelyke stryd met die verras­sende, troostende afloop allemansbesit geword. Oraloor spreek­woordstatus behaal: Dawid die kleintjie versus Goliat die reus.

Bybellesers weet dat daar van die begin af niks heldhaftigs aan Dawid se optrede was nie. Dit was eerder naïef. Lewensgevaarlik. ’n Afgedankste skrobbering werd. Verbeel jou: ’n slingervel … En, ja, kinderlike onskuld en ’n onwaarskynlike geloof in die Naam van die Here.

So ’n geloof is inderdaad naïef en kom feitlik uitsluitlik by kleintjies voor. Die groot mense, die harnasdraers met die groot stemme, verkies iets meer triomfanteliks. Iets met ’n groter kans op sukses. Hul eie naam is immers op die spel.

Here, ek roep u Naam aan, want U roep my op myne. U sê: My kind!

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.