Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Wié mag?

Lees Psalm 24.

Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here (v 1).

Wie mag die heilige Here ontmoet? Wie kwalifiseer om Hom in die oë te kyk?

Net dié met die skoon hande en die rein hart? Hulle wat on­berispelik lewe, valsheid soos die pes vermy? Wat na sy wil vra, Hom dien?

Dan hou ek maar verby …

Want as daar een ding is wat ek van my hande en my hart en my hele lewe kan sê, is dat dit nie skoon is nie. Nee, nie my hande óf my hart óf my lewe nie. Niks. Ek is heeltemal bevlek, besoe­del. Vuil.

Ek hoort dus nie in sy geselskap nie. My naam kan nie eens voor Hom genoem word nie.

Behalwe as dit inderdaad so is dat die hele aarde aan Hom behoort, én almal wat hier woon. Dan is ek mos ook Syne – of hoe? Nee, nie sy beste nie, nie sy skoonste of sy heiligste nie. Ek moet erken ek volg my eie kop, ek kniel voor ander base, ek is báie lief vir myself. Ek is bly oor baie dinge, veral oor my en my mense se klompie suksesse, maar ek weet nie regtig hoe dit is om my in Hom te verbly nie. Ek sal allereers wil weet wat dit my gaan kos.

Nee, daar kan nie vir my plek naby Hom wees nie. Hy en sy heiliges het seker maar hul eie onderonsies daar op sy berg, daar in sy heiligdom.

Ag, Here, kan ek nie maar ook daarheen gaan nie? Ek belowe ek sal op ’n afstand bly. Dalk is daar ’n staanplekkie op die stoep waar ek net ’n greintjie van U sal kan sien. Dit sal genoeg wees.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.