Boodskap vir Vandag

Search

Sonskynnuus

Lees Amos 7:7-15

Hy het vir my gesê: Gaan tree as profeet op (v 15).

Dit is ’n eenvoudige les wat Amos, die amateurprofeet, moes leer: Moenie die hoëlui met die waarheid konfronteer nie. Geen mens hou van nuus wat hulle negatief raak nie. Almal verkies ’n son­skyntyding. Al is dit nie die waarheid nie.

Maar die Here se profete werk net met wat hulle gehoor en gesien het, en wat hulle dan moet gaan verkondig. Hulle mag bloot sê: Só sê die Here …

Deur die eeue het mense van hul profete verwag dat hulle mooi, goeie dinge moet sê, iets wat sag op die oor val en wat hulle goed sal laat voel. En, as dit kan, hulle boonop goed laat lyk.

Daar was nog altyd diésulkes wat hierdie verwagtings goed be­gryp het, wat dan inderdaad sê wat die mense wil hoor. Wat hulle in die onmiddellike applous verlustig.

Wat uiteindelik hul skouers ophaal wanneer hulle verkeerd be­wys word en dan dinge kwytraak soos: Dit is omstandighede buite my beheer; die gode volg hul eie kop. Of, selfs: Die Here se weë is nie óns weë nie …

Dikwels is hulle ver weg wanneer die koeël die kerk tref, het hulle hulle lankal uit die voete gemaak. Afgetree. Hou die gevolge van hul wanvoorstellings en selfs blatante misdade op ’n veilige afstand dop.

Maar ware profete het geen uitkomkans nie. Hulle moet deur­druk met die waarheid, al is hul gewildheid, hul naam en selfs hul lewe op die spel. Hul enigste taak is om gehoorsaam te wees. Hul roeping is om te sê soos die Here sê hulle moet sê. En om dit op die regte tyd te doen.

Leer my, Here, om U goed te hoor. Om u boodskap suiwer, betyds, oor te dra.

Barend Vos

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.