Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Die Here se plek

Lees 1 Konings 8:22-30.

“Die hemel … kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het!” (v 27).

By die inwyding van die tempel wat Salomo gebou het, gaan hy sy mense voor in gebed. Hy bid roerend dat die Here die tempel onder sy sorg sal neem, veral ook ter wille van die gebede wat aan Hom gerig sou word.

Hiermee openbaar dié biddende koning betekenisvolle insigte wat sy mense grootliks sal help in hul nadenke oor God en oor hulleself. Ás hulle maar na die gebed sou luister, juis ook hulle wat Hom voortaan by die tempel sou kom opsoek.

U woon tog nie hier nie! sê Salomo. U is gans te groot. As die hemel U nie eens kan bevat nie, hoe kan hierdie gebou?

Dit is goed dat Salomo in sy wysheid sy mense daaraan herin­ner. Miskien bring sy gebed selfs besinning by hedendaagse ge­lowiges, by diegene wat dikwels ’n dringende behoefte daaraan het om, soos hulle sê, die Here te ontmoet. Wat Hom veral op ’n Sondag in sy huis kom soek.

Hierdie behoefte aan God se teenwoordigheid, sy aangesig, oorval mense soos ons meer gereeld as wat ons wil erken. Dan span ons alles in om dit te bevredig, en ons begin by ’n plek. ’n Oop Bybel of ’n private bidplek, ’n intieme huisaltaar, ’n kerk vol mense.

Dit is goed so. Hy ís daar.

Maar Hy is hier ook, en oraloor. Hy gaan nie iewers tuis nie, Hy slaap nie oor nie. Hy sit nie vasgevang in mense se denke oor Hom nie. Sy kinders kan wel weet: Hy is waar hulle is.

Halleluja! U is hier! In my hart, in my lewe, in u hemel en op u aarde.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.