Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Belydenisse

Lees Markus 8:27-33.

“Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?” (v 29).

Vir ingeligte lesers is hierdie klompie verse die keerpunt in die Markusevangelie. Tot dusver was die skares rondom Jesus groot, soos die verwagtings, en daar was ’n byna tasbare opwinding in die lug. Maar hier kom die keerpunt: “Wie, sê die mense, is Ek?” (v 27).

Jesus se vraag is nie so vreemd nie. Daar was reeds allerlei ge­rugte wat ook die koning ontstel het (Mark 6:14-16). Dalk wou Jesus bloot bevestiging van sy vertrouelinge se begrip hê, die insig wat hulle hopelik met verloop van tyd ontwikkel het.

Aanvanklik klink dinge belowend wanneer Petrus namens hulle dié mooi belydenis doen: “U is die Christus!” (v 29). Maar hierdie insig word gou ontbloot toe Jesus oor sy komende lyding, dood en opstanding begin praat.

Dit is asof hulle Hom nie hoor nie, en wat hulle wel hoor, nie kan glo nie. Petrus vererg hom sommer en berispe Jesus.

Daar is niks buitengewoons aan Petrus se optrede nie. ’n Glan­sende belydenis word onder druk geplaas wanneer sake soos lyding en dood daaraan toegevoeg word. Lofprysing kry ’n heel ander toonaard in tye van swaarkry, of verstom heeltemal.

En, ja, ook ons voel dikwels ongemaklik wanneer daar soveel aandag aan Jesus se lyding gegee word. Netnou kom daardie waar­skuwing oor vervolging ook na ons kant toe (Matt 5:11-12). Straks word daar ook van ons verwag om Hom in swaarkry en lyding te volg. Dit is darem baie gevra.

Ja-nee, Petrus, broer, dit is veel veiliger om by goed geformu­leerde belydenisse te hou. Dalk hou dit sommer die swaar sake uit die gesprek.

Moet my asseblief nie wegjaag nie, Here! Wys my die pad agter U aan.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.