Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Hoorsê

Lees Job 42:1-6.

“Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê” (v 5).

Die reeks vrae wat die Here aan Job gestel het, het ’n keerpunt in Job se Godsbeskouing gebring. Alles wat hy wys geword het, het vir hom op net een ding gedui: Hy het nie geweet waarvan hy praat nie. Sy mond was heeltemal te groot vir sy begrip.

Nou sit hy éérs in sak en as. Vol berou, die ene selfverwyt. Hoe kon ek so stiksienig wees …

Maar só help hy al die gelowiges wat hulle in ’n soortgelyke bootjie bevind. Mense wat allerlei uitsprake oor die Here maak, wat links en regs “die Here se wil” aan alles en nog wat toeken. Wat hul idees oor God die norm maak en hul belewenis die laaste waarheid.

Job help ons reg, want hy het dáárdie paadjie reeds geloop. En hy het proefondervindelik vasgestel dat die Here nie is wat ons dink Hy is nie.

Hy is allereers nie ons speelmaat nie, hierdie Here van hemel en aarde. Hy meet nie met ons kragte nie. Ons het geen idee hoe groot die afstand tussen Skepper en skepsel is nie. Hy is die Gans Andere – en hoe gouer ons dit besef, hoe beter vir ons geestelike welstand. As ons maar weet hoe laag Hy moet buk om tot by ons te kom! Wanneer ons besef hoeveel dit van Hom vra om met ons in gesprek te tree, sal ons nie ligtelik oor hierdie voorregte praat nie. Sal ons weet om liefs ons mond te hou wanneer God ter sprake kom. Om ons asem te spaar vir die loflied wat die enigste gepaste reaksie op sy bemoeienis met ons is.

Ek prys U, Here, vir wie U is. En ek loof U vir wat U doen.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.