Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Aanmoedig

Lees Hebreërs 10:19-25.

Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade (v 24).

Die Hebreërskrywer het nou by herhaling sy boodskap gebring: Christus is die groot Hoëpriester, Hy het Homself geoffer, ons son­des is vergewe, ons het nou vrye toegang tot God. Ons is skoon, want Hy het ons gereinig. Eens en vir altyd.

Nou wend hy hom tot ons, sy gelowige lesers, en hy spreek ons reguit aan: Laat ons nou tot God nader, sê hy. Kom ons hou styf vas aan die hoop. Kom ons kyk na mekaar.

Mooi, nie waar nie? En so logies: Christus het alles vir ons salig­heid gedoen, ons hoef ons regtig nou nie meer daaroor te bekom­mer nie. Kom ons doen eerder wat ons hand vind om te doen.

En waar pas ons hand beter as op ’n medemens se skouer? Wat is mooier as ’n mens wat ’n ander mens aanmoedig? Wat is nader aan God se wens vir sy kinders as dat hierdie kinders mekaar – en vreemdelinge en buitestanders – aan die hand neem en sê: “Kom ek wys jou, kom ek neem jou daarheen, kom ek help jou”?

Maar is dit dan nie van nature gelowiges se gedrag nie? Hoort dit nie uiteraard by ons om mekaar aan te spoor nie?

Klaarblyklik is dit nie by almal ’n uitgemaakte saak nie. Want dié skrywer praat nie hier met toevallige lesers nie; hy rig hom tot gelowiges. En hy sê onder meer hulle moet nie die mense ver­oordeel wat opgehou het om die gemeente se samekomste by te woon nie. Moedig hulle eerder aan om terug te kom, sê hy. Sê vir hulle, wýs hulle, dat hulle welkom is.

U het my laat tuiskom, Here. Leer my hoe om ook vir ander die deure oop te gooi.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.