Boodskap vir Vandag

Search

Koning van die kosmos!

Lees Psalm 48.

Net soos u Naam, o God, so strek u lof oor die hele aarde. U mag het groot redding gebring (v 11).

Ek vergeet dikwels, Here,
dat U ’n groter wêreld het
om te regeer en in te werk
as bloot my plaaslikheid.

My klein heelal strek nie juis verder
as eie kind en kraai nie. En niks hoër
as persoonlike behoeftes en private begeertes nie.
Juis hiervoor roep ek u hulp gereeld in:
Gee my dié, asseblief; doen aan my daardie …

Altyd ek en my en myne – ek bid áltyd om besit,
Here, totaal ongeërg oor u kosmiese koningskap.
Ek word wel soms ligweg bewus van die omvang
van u ryk – ek sing genoeg daaroor in die kerk –
maar as ek gaan sit en stil word en my oë sluit vroom,
dan kom dit weer, asof van nuuts af: Ék. My. Myne.

Vergewe my, Here, die beheptheid
met my klein kring, terwyl U die einders
van die heelal in gedagte het.
Vergewe my die obsessie met my tyd,
terwyl U na die ewigheid omsien.

En herinner my gereeld daaraan
dat U klein vingerwysings voorbedag
gebruik om u grootheid te toon –
sodat ook ék kan verstaan.

Dan moet U my asseblief ook help onthou
om weg te kyk van myself
en om die honderde heenwysings
wat elke dag in my klein wêreldjie
voor my blinde oë verskyn, te herken –
alles wat na Ú beduie.

Help my hiermee dat ek ander kan help.
Wys mý sodat ek U aan hulle kan wys.
Amen.

Barend Vos

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.