Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Só het hulle geval

Lees Psalm 52:8-11.

“Dis nou die man wat nie op God se krag wou steun nie, maar op sy eie rykdom vertrou het en hom sterk wou maak deur inhaligheid” (v 9).

Here, die “ware manne” se ondergang is onafwendbaar,
en vir almal sigbaar. U sal hulle op hul plek sit.
En almal sal dit sien, en weet, en hulle sal uitgelag
word omdat hulle altyd ander se val bewerk het.
Nou is dit hul beurt.

Só gaan dit met die sogenaamde sterkes –
dié wat weet hoe onafhanklik hulle van God is.
Dié wat hulle seën by ’n bankrekening soek
en hul heil in ’n aandeleportefeulje vind.
Hulle vermaak hulle met mense se emosies
en teer op ander se swakhede. Hulle speel god.

Maar kyk! Hulle het sleg verloor, want U,
die enigste God, is nie hul speelmaat nie.
Hulle is gelykgemaak met die grond.
Hul rykdom het ’n finansiële grap geword,
hul reputasie is aan flarde.

Hul lewe sal ’n storie word wat geslagte lank
só vertel sal word: Eendag was daar ’n man
met ’n groot mond en ’n dik beursie. Hy was
vernaam in sy eie oë. Hy het God geminag
en daarom het hy God se kinders vertrap.
“Ek doen wat ek wil,” het hy gesê, “want ek kán.”

Op ’n dag … kon hy nie meer nie.
Hy kon niks, níks meer nie:
God laat Hom nie minag nie,
en Hy laat nie op sy kinders trap nie.

Dankie, Heer, dat ék teen die verwagting in floreer.
Dankie vir die vaste wete dat ek van U afhanklik bly.
Dankie dat U my seën.

U is ’n God van u woord.
U het u Naam oor my naam uitgeroep.
U stem eggo elke dag oor my bestaan.
Amen.

Barend Vos

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.