Boodskap vir Vandag

Search

Bloed en bedrog

Lees Psalm 55:10-24.

God, wat van ewigheid af regeer, sal hoor en hulle verneder omdat hulle nie bekeer nie en Hom nie dien nie (v 20).

Here, kom daar dan geen einde aan geweld nie?
Hoe is dit dat misdadigers so vryelik rondloop?
Dit hou nie op nie, dit ken geen dag of nag nie.
Dit is asof die boosdoeners g’n vrese meer het nie,
nie vir betrap óf arres óf vonnis nie – ongestoord
woed hulle voort. Dit gaan nog alles hier vernietig …

Wil U dan nie ’n keerpunt bring nie?
Ons mure is nie hoog genoeg nie,
ons tralies nie dik genoeg nie.
Ons honde speel met ’n bal.

Sal U die bose spiraal tog oopbuig,
die swak skakel in die ketting breek?
Ja, verongeluk hul planne, Here,
verwar hulle deur u verskyning!

Maar … nou lyk dit my daar is méér as gevare
van buite; daar is dan nou ook ’n bedreiging
van binne. Ja, óns mense.
Vriende, bure, vertrouelinge. Mense wat saam
met ons aanbid. Net nou die dag nog het ons U
saam geloof! En nou speel die bose ook daar baas …

Is dit dan hoe verraad is? Is dit hoe pynlik
’n mes in jou rug voel? Is dít die soort
verskrikking as ’n mak hond begin byt?

Ag, om voortdurend
met bloeddorstigheid te moet rekening hou …

En met bedrog!
Jou eie mense?
Dít is te veel vir vlees en bloed.

Here, help ons, asseblief.
Ons almal.
Amen.

Barend Vos

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.